
Sportoorsig

Laerskool Baillie Park bied ‘n wye verskeidenheid sportsoorte aan om leerders se fisiese en persoonlike ontwikkeling te bevorder. Ons moedig deelname aan en streef na uitnemendheid in elke sportkode.
By Baillies beskou ons sport as ‘n belangrike deel van ‘n kind se holistiese ontwikkeling. Sport help om selfvertroue, dissipline, spangees en deursettingsvermoë te bou, terwyl dit ook gesonde leefstyle bevorder. Ons bied sport aan vir alle leerders, ongeag hul vaardigheidsvlak, en moedig hulle aan om hul talente te ontdek en te ontwikkel.
Leerders het die geleentheid om deel te neem aan interne skoolligas, streekskompetisies en provinsiale kampioenskappe, met die ondersteuning van ervare afrigters en mentors. Ons fokus nie net op prestasie nie, maar ook op deelname en karakterbou, sodat elke leerder ‘n positiewe ervaring op die sportveld het.
Sport by Baillies is nie net oor wen nie – dit gaan oor persoonlike groei, trots en ‘n liefde vir sport wat ‘n leeftyd hou.
Atletiek

Atletiek is een van die mees opwindende sportsoorte by Baillies en bied leerders die kans om aan baan- en velditems deel te neem. Ons moedig massa-deelname aan in ouderdomsgroepe 0/7 – 0/13.
Seisoen: Januarie – April
Oefentye: Naellope en kort afstande oefen minstens 2 keer per week, terwyl middelafstande 3 keer per week oefen.
Ligastruktuur:
- Interhuisbyeenkoms
- Baillies Skoolspan neem deel aan die Potch Kring Byeenkoms
- Kwalifiserende atlete vorder na JB Marks, Kenneth Kaunda Distrik en Noord-Wes
- Uiteindelik kan atlete gekies word vir die SA Skole byeenkoms
Prestasie-erkenning:
- Sertifikate vir deelname op verskeie vlakke
- Goue sertifikaat vir deelname aan JB Marks, Kenneth Kaunda of Noord-Wes spanne
Rugby

Baillies Rugby bied ‘n platform vir jong spelers om hul talent te ontwikkel en teen mededingende spanne deel te neem.
Seisoen: Februarie – Junie
Ouderdomme:
- 0/7 – 0/8 Welpie-rugby (ouergedrewe inisiatief)
- 0/9A & B tot 0/13A, B, C en D
Oefentye:Oefeninge is ten minstens 2 keer per week en word bepaal sopas die spanne gefinaliseer is.
Ligastruktuur:
- Deelname aan die Luiperds Laerskoleliga
- 0/11 – 0/13 spelers kan verder vorder na distrikstoernooie, Luiperds en Cravenweek
Prestasie-erkenning:
- Goue sertifikaat vir Luiperds en Cravenweek spelers
- Trofee vir die beste speler van die jaar
Netbal

Netbal by Baillies is ‘n spogsport met ‘n sterk kultuur van deelname en prestasie.
Seisoen: November – Junie
Ouderdomme:
- 0/7 – 0/8 Mini-netbal/Vlindernetbal (ouergedrewe inisiatief)
- 0/9A – 0/13A en B Skoolspanne
Oefentye: Oefeninge is ten minstens 2 keer per week en word bepaal sopas die spanne gefinaliseer is.
Ligastruktuur:
- Baillies spanne neem deel aan die KOSH Liga
- 0/12A en 0/13A kan verder vorder na JB Marks, Kenneth Kaunda en Noord-Wes proewe
Prestasie-erkenning:
- KOSH Liga wenners en naaswenners ontvang sertifikate
- Trofee vir die beste speelster van die jaar
Krieket

Krieket is ‘n gewilde sport by Baillies met spanne vir seuns en dogters.
Seisoen: April – September
Ouderdomme: 0/9 – 0/13
Oefentye: Oefeninge is ten minstens 2 keer per week en word bepaal sopas die spanne gefinaliseer is.
Ligastruktuur:
- Senior spanne neem deel aan die Noord-Wes Skoleliga
- Individuele spelers kan kwalifiseer vir Potch, Noord-Wes en nasionale spanne
Prestasie-erkenning:
- Trofee vir beste speler per ouderdomsgroep
Baillies Krieketakademie
Baillies Krieket Akademie bied deur die jaar ‘n gestruktureerde afrigtingsprogram aan vir jong krieketspelers vir alle ouderdomme. Die program fokus op die ontwikkeling van basiese en gevorderde vaardighede deur energieke, vaardigheidsgebaseerde sessies wat tydens skoolkwartale plaasvind.
Met meer as 25 jaar ervaring, help ons afrigters spelers om hul volle potensiaal te bereik. Die akademie is beskikbaar teen ‘n ekstra fooi, met opsies vir maandelikse of kwartaallikse inskrywings. Sluit aan en laat jou kind groei in selfvertroue en tegniek, ongeag hul huidige vaardigheidsvlak.
Vir meer inligting en inskrywings, kontak gerus die kantoor.
Hokkie

Hokkie by Baillies is ‘n vinnig-groeiende sport met spanne vir seuns en dogters.
Seisoen: Februarie – September
Ouderdomme: 0/8 – 0/13
Oefentye: Oefeninge is ten minstens 2 keer per week en word bepaal sopas die spanne gefinaliseer is.
Ligastruktuur:
- Senior spanne neem deel aan die Potchefstroom Liga
- Wenner en naaswenner speel teen Klerksdorp vir Kenneth Kaunda wenners
- 0/12 en 0/13 spelers neem deel aan Noord-Wes proewe
Prestasie-erkenning:
- Trofeë vir beste junior en senior spelers
Tennis

Baillies Tennis bied spelers die kans om deel te neem aan beide enkels en gemengde spanne.
Seisoen:Februarie – November
Ouderdomme: 0/9 – 0/13
Oefentye:Privaat afrigting en tennis squads
Ligastruktuur:
- Deelname aan KOSH Liga
- Individuele spelers kan vorder na Noord-Wes Skole Finaal
Prestasie-erkenning:
- Trofee vir die beste speler van die jaar
Privaat afrigting en tennis squads
Landloop

Landloop is ideaal vir leerders wat van hardloop hou en hul uithouvermoë wil verbeter.
Seisoen: Mei – September
Ouderdomme: 0/8 – 0/13
Oefentye: Maandae, Dinsdae & Donderdae
Ligastruktuur:
- Deelname aan Noord-Wes liga wedlope
Prestasie-erkenning:
- Goue sertifikaat vir Noord-Wes spanlede
Bergfiets

Bergfietsry is ‘n vinnig-groeiende sport by Baillies en bied leerders die geleentheid om uithouvermoë, tegniek en wedrenstrategie te ontwikkel. Die sport bevorder fisiese fiksheid, balans en deursettingsvermoë in ‘n buitelugomgewing.
Seisoen:April tot November.
Oefentye:
Somer (April, September tot November) Maandae en Woensdae 17:00 – 18:00
Winter (Mei tot Augustus) Maandae en Woensdag 16:30 – 17:30.
Ouderdomme: 0/7 – 0/13 (tuisskoolleerders is ook welkom)
Ligastruktuur:
- Deelname aan Noord-Wes School Cycling kompetisies
- Kompetisies sluit in XCO (Cross-Country) en XCM (Marathon) wedrenne
- Uitblinkers kan kwalifiseer vir die SA Skole Bergfietsry Kampioenskap
Prestasie-erkenning:
- Medaljes vir top presteerders in kompetisies
- Noord-Wes en SA kwalifiserende leerders ontvang Baillies Sporttoekennings
Swem

Swem is ‘n uitstekende sport vir kardiovaskulêre fiksheid, koördinasie en selfdissipline. Baillies se swemspan is oop vir leerders wat in kompetisie-swem belangstel.
Seisoen: Februarie – November
Oefentye:Privaatafrigting moet self deur die ouers gereël word.
Ouderdomme: 0/7 – 0/13
Ligastruktuur:
- Deelname aan skoleligas en gala-byeenkomste
- Top swemmers kwalifiseer vir Noord-Wes en SA Skole Swemkampioenskappe
Prestasie-erkenning:
- Individuele en spanmedaljes tydens gala’s
- Baillies Sportkleure vir swemmers wat provinsiaal of nasionaal presteer
Skaak

Baillies Skaak bied leerders die kans om strategie en denkvaardighede te ontwikkel. Daar word profesioneleskaakafrigting by Baillies aangebied teen ‘n minimale fooi.
Seisoen: Februarie – November
Ouderdomme: 0/7 – 0/13
Oefentye:
Beginnersklasse:
Woensdae tussen 15:00 en 16:00
Leerders wat reeds kan speel:
Woensdae tussen 16:00 en 17:00
Ligastruktuur:
- Deelname aan die Noord-Wes Skaakliga
- Individuele spelers kan aan SAJCC toernooie deelneem
Prestasie-erkenning:
- Trofee vir beste skaakspeler
Gholf

Gholf is ‘n tegniese sport wat fokus, presisie en strategie ontwikkel. Baillies se gholfspan neem deel aan skolekompetisies en skep ‘n geleentheid vir leerders om hul talent in ‘n professionele omgewing te ontwikkel.
Seisoen: Februarie – Oktober
Oefentye:Privaat
Ouderdomme: 0/10 – 0/13
Ligastruktuur:
- Deelname aan Noord-Wes Skole Gholfliga
- Top spelers kan gekies word vir provinsiale en nasionale gholfspanne
Prestasie-erkenning:
- Medaljes vir wenners in skolekompetisies
- Erkenning vir Noord-Wes en SA Skole Gholf kwalifiseerders
Boogskiet

Kontak Tammy by 072 219 8187
Boogskiet is ‘n presisiesport wat leerders help om konsentrasie, geduld en akkuraatheid te ontwikkel. Baillies se boogskietprogram volg die NASP (NationalArchery in the Schools Program) riglyne en is oop vir beginners en gevorderde skuts.
Seisoen:Februarie – November
Oefentye: Twee oefensessies per week
Ouderdomme: 0/9 – 0/13
Ligastruktuur:
- Deelname aan interne en provinsiale NASP kompetisies
- Skuts bou punte deur verskeie toernooie en kan kwalifiseer vir Noord-Wes en SA NASP-spanne
Prestasie-erkenning:
- Medaljes vir wenners in toernooie
- Baillies Kleure vir skuts wat provinsiaal of nasionaal kwalifiseer