By Laerskool Baillie Park is kultuur ‘n belangrike deel van ons leerders se holistiese ontwikkeling. Ons bied verskeie kulturele aktiwiteite aan om leerders se talent, kreatiwiteit en selfvertroue te ontwikkel.
Ons program sluit in:
- Musiek (koor en instrumente)
- Redenaars en Eisteddfod
- Drama
- Kunsklasse
- Skoolpublikasies en Mediaklub
Leerders het die geleentheid om deel te neem aan kompetisies, konserte en kultuurgeleenthede wat hul vaardighede verder ontwikkel.
Kuns en Musiek (KUM) is ‘n omvattende kultuurprogram wat klasse in verskeie kunsvorme en instrumente aanbied. Leerders kan kies om privaat of in groepverband deel te neem.
Koor
- Juniorkoor
Graad 1– 4
Oefeninge is Vrydae direk na skool in die skoolsaal
Organiseerder: Prof. Mignon van Vreden en Dr. Karlien van Zyl - Seniorkoor – Graad 5 – 7
Oefening vind op Donderdae plaas direk na skool in die skoolsaal.
Organideerder: Juf. Elsie de Ridder
Musiekklasse
- Klavierlesse – Privaat individuele lesse
- Instrumente: Trompet, Marimba, Blokfluit, Viool, Ukelele, Kitaar
Almal neem deel aan ‘n groot KUM-KONSERT in die vierde kwartaal.
Kuns- en Dansklasse
- Privaat Kunsklasse – Graad 1-3 en Graad 4-7
- Privaat Dansklasse – Graad 1-7
Koste: Fooie word deurgegee in die inligtingsaand
Lokaal: Klaskamers en skoolsaal
Enige navrae kan aan die kantoor gerig word vir aandag Juf. Elsie de Ridder.
Leerders wat hou van spreek en optree kan deelneem aan ons redenaars- en eisteddfodkompetisies.
Redenaars:
- Inskrywings oop vir Graad 1-7
- Deelnemers word afgerig en kry geleentheid om aan ATKV Redenaars en interne kompetisies deel te neem
Eisteddfod:
- ‘n Platform vir spraak, poësie, drama en musiek
- Individuele en groepsdeelname
Organiseerders:
- Redenaars – Me. Leandra Rootman
- Eisteddfod – Me. Sunelle van Staden & Me. Madelaine Zerwick
Drama is perfek vir leerders wat hul selfvertroue, stemgebruik en toneelspel wil ontwikkel.
Drama-klasse:
- Oefeninge vir spraak, improvisasie en verhoogvaardighede
- Deelname aan Eisteddfod en skoolproduksies
Oefentye: Woensdae, 15:15 – 16:00
Organiseerder: Me. Petroné Crowther
Hier leer leerders hoe om nuus te versamel, te skryf en te publiseer. Die klub dek verskeie mediavorme soos fotografie, video en grafiese ontwerp.
Arbei’tjie Koerant – Ons eie skoolkoerant
Organiseerder: Me. Madelaine Zerwick