
Algemeen
In die Grondslagfase is ons doel om elke kind geborge en veilig te laat voel. Dit is vir ons van uiterste belang om die klasse so klein as moontlik te hou, sodat elke leerder se potensiaal ten volle benut kan word. Terselfdertyd kan ons dan die nodige aandag aan leerders gee wat moontlik uitdagings ervaar.
In die Grondslagfase het ons ervare onderwyseresse wat ‘n werklike passie vir onderwys het. Ons poog om op hoogte te bly met die nuutste verwikkelinge in die onderwys, sodat ons die beste onderrig aan ons leerders kan bied.
Volgens die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) vir Graad 1 tot 3, bestaan die Grondslagfase uit vier vakke:
- Huistaal (Afrikaans) en Eerste Addisionele Taal (Engels)
- Wiskunde
- Lewensvaardigheid: Aanvangskennis en Skeppende Kuns
- Liggaamsopvoeding en Persoonlike en Sosiale Welsyn
Afrikaans
In die Grondslagfase is die belangrikste vaardighede in die kurrikulum vir Huistaal die volgende:
- Luister en praat
- Lees en klanke
- Skryf en handskrif
Die Tale-program word geïntegreer met al die ander vakke. Taal word deur die hele kurrikulum gebruik in alle mondelinge, lees- en skryfwerk. Baie van die luister- en praatvaardighede sal ook in vakke soos Wiskunde en Lewensvaardigheid ontwikkel word.
English
In theFoundationPhase, theskills in theFirstAdditionalLanguage are:
- Listeningandspeaking
- Readingandphonics
- Writingandhandwriting
Wiskunde
Wiskunde in die Grondslagfase bestaan uit vyf inhoudsareas. Elke inhoudsarea dra tot die ontwikkeling van spesifieke vaardighede. Die inhoudsareas is as volg:
- Getalle, bewerkings en verwantskappe
- Patrone, funksies en algebra
- Ruimte en vorm (Geometrie)
- Meting
- Datahantering
Lewensvaardigheid
Die vak Lewensvaardigheid is die middelpunt vir die holistiese ontwikkeling van leerders. Dit behels die sosiale, persoonlike, intellektuele, emosionele en fisiese groei van die kind, en hoe dit op ‘n geïntegreerde wyse aangeleer word. Lewensvaardigheid ondersteun die onderrig van ander kernvakke in die Grondslagfase.
Assessering in Lewensvaardigheid is meestal informeel en deurlopend. Die formele assessering van elke leerder vind een keer per kwartaal plaas en moet deur die onderwyser opgeteken word.

Progressievereistes
Om in die Grondslagfase (Graad R uitgesluit) te slaag, moet die leerder aan die volgende vereistes voldoen:
- Voldoende prestasie (Vlak 4) vir een amptelike taal op Huistaalvlak (Afrikaans);
- Matige prestasie (Vlak 3) vir die tweede amptelike taal op Eerste Addisionele Taalvlak (Engels);
- Matige prestasie (Vlak 3) vir Wiskunde.
Graad 1
By Graad 1 streef ons daarna om elke kind geborge en veilig te laat voel. Ons span bestaan uit ervare onderwyseresse wat ‘n passie vir onderwys het, en ons poog om op hoogte te bly met die nuutste verwikkelinge in die onderwys. Elke Graad 1-onderwyser het ‘n assistent wat help om ‘n optimale leeromgewing te skep.
Volgens die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Graad R tot Graad 3, bestaan die Grondslagfase uit vier vakke:
- Huistaal (Afrikaans)
- Eerste Addisionele Taal (Engels)
- Wiskunde
- Lewensvaardigheid:
- Aanvangskennis
- Skeppende Kuns
- Liggaamsopvoeding
- Persoonlike en Sosiale Welsyn
Riglyne vir Graad 1
Die onderstaande inligting is slegs riglyne wat van ‘n voornemende Graad 1-leerder verwag word om Graad 1 te kan betree:
Fynmotoriese ontwikkeling
- Kan vorms uit papier skeur en prente inkleur
- Kan eie naam skryf
- Kan ‘n menstekening maak wat besonderhede bevat
- Kan ‘n potlood reg vas hou
Grootmotoriese ontwikkeling
- Kan eenbeen staan vir ongeveer 10 sekondes
- Kan eenbeen spring
- Kan huppel, draai, en rigting verander sonder om ritme te verloor
- Kan ‘n bal vang en gooi
- Kan postuur by tafel en op mat behou tydens werksessies
- Kan klim en klouter en is bereid om te waak
Dominansie
- Die kind se handvoorkeur moet reeds bepaal wees
Visuele Persepsie
- Kan objekte t.o.v. mekaar plaas, byvoorbeeld, “Plaas die bal langs die stoel”
- Kan spesifieke letters of syfers tussen ander uitken
- Kan minstens ‘n 35-stuk legkaart bou
Lateraliteit
- Kan links/regs onderskei
Wiskunde ontwikkeling
- Moet minstens 10 voorwerpe kan uittel
- Moet voorwerpe volgens vorm, kleur of grootte kan sorteer
- Ken die verskillende kleure
- Weet wat die meeste en die minste is
- Kan voorwerpe na aanleiding van hulle vorm beskryf, byvoorbeeld: vierkantig, sirkelvormig en reghoekig
Taalontwikkeling
- Kan oor eie wêreld gesels
- Kan tye (gister, vandag, môre) korrek gebruik
- Kan ‘n boodskap oordra
- Kan ‘n storie met opeenvolgende gebeure redelik akkuraat terug vertel
Sosiale vaardighede
- Maak vriende
- Deel met ander
- Toon goeie samewerking in groepe
- Respekteer ander en hul eiendom
Persoonlike sorg
- Kan eie tande borsel
- Kan skoenveters, knope en ritssluiters vasmaak
- Kan self aan- en uittrek
Leerders met leerstruikelblokke
Inklusiwiteit vorm deel van ons daaglikse organisering, beplanning en onderrig by Graad 1. Ons onderwyseresse is opgelei om leerstruikelblokke te identifiseer en aan te pak, asook om vir diversiteit te beplan. Differensiasie word gebruik om die struikelblokke in die klaskamer aan te spreek, wat by elke leerder se ontwikkelingsvlak pas.
Dissipline (Graad 1)
Dissipline is baie belangrik vir die handhawing van orde en roetine. Dit is belangrik dat ons as skool en u as ouers saamwerk om dissipline effektief toe te pas. Aan die begin van die Graad 1-jaar kry die leerders die geleentheid om aan te pas en die skoolreëls deeglik te behandel. Gedurende hierdie tydperk word die reëls ingeoefen, wat sowat twee maande neem. Daarna word die dissipline stelsel vir die res van die skooljaar toegepas.
Indien daar ‘n daadwerklike probleem is, sal die ouers onmiddellik in kennis gestel word sodat die saak aangespreek kan word. Vanaf kwartaal 2 sal die dissipline stelsel streng toegepas word, en inskrywings sal toegeken word vir sekere oortredings. Detensie sal ook as straf toegeken word indien nodig.
Wagklasse
Leerders wat nie onmiddellik na skool afgehaal kan word nie, sal in die wagklas bly. Die Graad 1-juffrou is in haar klas tot 13:40 en sal toesig hou oor die leerders. Daarna begin die buitemuurse program, en die juffrou is nie meer beskikbaar vir toesig nie. Alternatiewe reëlings moet deur die ouer getref word om toesig na 13:40 te verseker of u kind kan by die naskool ingeskryf word.
Graad 2
Die Grondslagfase streef daarna om elke kind geborge en veilig te laat voel. Dit is vir ons baie belangrik dat die klasse so klein as moontlik gehou word, sodat elke leerder se potensiaal ten volle bereik kan word, maar ook sodat daar genoeg aandag gegee kan word aan leerders wat dalk probleme ondervind. In die Grondslagfase het ons ervare onderwyseresse wat ‘n passie vir die onderwys het. Daar word ook poog om op hoogte te bly met die nuutste verwikkelinge in die onderwys.
Volgens die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV), is die vakke in die Grondslagfase:
- Huistaal (Afrikaans)
- Eerste Addisionele Taal (Engels)
- Wiskunde
- Lewensvaardigheid:
- Aanvangskennis
- Skeppende Kuns
- Liggaamsopvoeding
- Persoonlike en Sosiale Welsyn
Afrikaans
In die Grondslagfase is die belangrikste vaardighede in die kurrikulum vir Huistaal die volgende:
- Luister en praat
- Lees en klanke
- Skryf en handskrif
Die tale-program word oor al die ander vakke geïntegreer. Taal word deur die kurrikulum heen in alle mondelinge, lees- en skryfwerk gebruik. Baie van die luister- en praatvaardighede sal ook in Wiskunde en Lewensvaardigheid ontwikkel word.
English
In theFoundationPhase, theskills in the First Additional Language are:
- Listening and speaking
- Reading and phonics
- Writing and handwriting
Wiskunde
Wiskunde in die Grondslagfase bestaan uit vyf inhoudsareas, wat elkeen bydra tot die ontwikkeling van spesifieke vaardighede. Die inhoudsareas is as volg:
- Getalle, bewerkings en verwantskappe
- Patrone, funksies en algebra
- Ruimte en vorm (Geometrie)
- Meting
- Datahantering
Lewensvaardigheid
Lewensvaardigheid is die vak wat die holistiese ontwikkeling van leerders bevorder. Dit dek die sosiale, persoonlike, intellektuele, emosionele en fisiese groei, en hoe hierdie aspekte met mekaar geïntegreer word. Lewensvaardigheid is ‘n vak wat oor verskillende terreine heen sny en moet die onderrig van die ander kernvakke in die Grondslagfase ondersteun en versterk.
Assessering in Lewensvaardigheid is meestal informeel en deurlopend van aard. Die formele assessering van elke leerder, wat een keer per kwartaal moet plaasvind, sal deur die onderwyser opgeteken word.
Progressievereistes
Om in die Grondslagfase (Graad R uitgesluit) te slaag, moet die leerder aan die volgende vereistes voldoen:
- Voldoende prestasie (Vlak 4) in een amptelike taal op Huistaalvlak (Afrikaans)
- Matige prestasie (Vlak 3) in die tweede amptelike taal op Eerste Addisionele Taalvlak (Engels)
- Matige prestasie (Vlak 3) in Wiskunde

Graad 3
Graad 3 is ons laaste jaar in die Grondslagfase voordat ons die Intermediêre Fase betree. Ons ervare onderwyseresse het ‘n passie vir die onderwys en stel die leerders se belange altyd eerste.
Volgens die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) het Graad 3 die volgende vier vakke:
Afrikaans (Huistaal)
- Luister en praat
- Lees en klanke
- Skryf en handskrif
Eerste Addisionele Taal (Engels)
- Listening and speaking
- Reading and phonics
- Writing and handwriting
Wiskunde
Wiskunde in Graad 3 sluit die volgende inhoudsareas in:
- Getalle, bewerkings en verwantskappe
- Patrone, funksies en algebra
- Ruimte en vorm (Geometrie)
- Meting
- Datahantering
Lewensvaardigheid
Lewensvaardigheid bestaan uit:
- Aanvangskennis
- Skeppende Kuns
- Liggaamsopvoeding
- Persoonlike en Sosiale Welstand
Progressievereistes
Om Graad 3 te slaag, moet die leerder aan die volgende vereistes voldoen:
- Voldoende prestasie (vlak 4) in een amptelike taal op Huistaalvlak (Afrikaans)
- Matige prestasie (vlak 3) in die tweede amptelike taal op Eerste Addisionele Taalvlak (Engels)
- Matige prestasie (vlak 3) in Wiskunde
