Aansoeke
Aansoeke kan per hand ingedien word of per e-pos na admin@bailliepark.co.za gestuur word.
Toelatingskriteria en -prosedure vir Laerskool Baillie Park
- Toelatingsvoorkeur en Kapasiteit: Toelating word hanteer in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Skolewet en word beperk deur die beskikbare kapasiteit van die skool. Broers en susters van leerders wat reeds by die skool ingeskryf is, geniet voorkeur. Alle ander aansoeke sal op meriete en volgens die skool se toelatingsbeleid oorweeg word. Let wel: Die indiening van ’n aansoekvorm waarborg nie toelating tot die skool nie.
- Ouderdom: Leerders moet binne die aanvaarbare ouderdomsgrens vir die betrokke graad val en in hul eerste skooljaar die ouderdom van ten minste sewe jaar bereik. Ouers kan ‘n leerder terughou, mits dit deur professionele advies geregverdig word. (Leerders ouer as 15 jaar word slegs met amptelike toestemming van die Departement van Onderwys toegelaat weens buitengewone omstandighede soos immigrasie of langdurige siekte).
- Taalbeleid: Die onderrigmedium van die skool is uitsluitlik Afrikaans. Voornemende leerders moet Afrikaans magtig wees om onderrig te kan volg.
- Skoolreëls: Ouers, voogde en leerders onderneem om die skool se reëls te eerbiedig en hul daarby neer te lê ter wille van ‘n harmonieuse skoolomgewing.
- Finansiële Verpligtinge: Ouers/voogde onderneem om die skoolgelde, soos jaarliks deur die Beheerliggaam tydens die begrotingsvergadering bepaal, stiptelik te betaal. Indien inkomste dit regverdig, kan daar vir ‘n subsidie of vrystelling aansoek gedoen word (subsidies tree in werking vanaf die datum waarop die aansoek by die kantoor ontvang word).
- Betalingsmetodes: Alhoewel dit nie verpligtend is nie, is die skool se voorkeurwyse van betaling per debietorder, veral indien die skoolfonds nie ten volle aan die begin van die jaar vereffen word nie. EFT-betalings word ook aanvaar.
- Kommunikasie: Rekeningstate en belangrike inligting word per e-pos uitgestuur. Dit bly ouers/voogde se verantwoordelikheid om te verseker dat hul e-posadres korrek is en op datum gehou word.
Naskool@Baillies
Baillies beskik oor ‘n eie naskoolsentrum waarvan ons baie trots is!
Die naskool funksioneer daagliks vanaf die einde van die skooldag en sluit stiptelik om 17:15.
Die Naskool is ook oop tydens alle vakansies, behalwe openbare vakansiedae en die hele Desember-skoolvakansie. Vakansie-naskool is teen ‘n ekstra tarief beskikbaar vir beide naskool- en nie-naskoolleerders. Kommunikasie oor vakansie-naskool sal betyds deurgegee word voor ‘n vakansie.
Vir meer inligting kliek hier
Gebruik asseblief die skakel hieronder volgens u kind se graad:
Klagtevorm
By Laerskool Baillie Park is ons toegewyd daaraan om ‘n positiewe en ondersteunende omgewing vir al ons leerders, ouers en personeel te skep. Indien u enige bekommernisse of klagtes het, moedig ons u aan om dit by ons aan te meld sodat ons dit professioneel en effektief kan hanteer.
Gebruik asseblief die onderstaande klagtevorm om enige probleme rakende akademie, sport, dissipline of ander skoolverwante sake te rapporteer. Alle klagtes sal vertroulik hanteer word en so spoedig moontlik opgevolg word.
Vir enige verdere navrae, kontak die skoolkantoor.