
Inligting
Graad R vorm deel van die Grondslagfase (Graad R – 3)
By Baillies word Graad R-onderrig aangebied deur Woel en Werskaf Kleuterskool, wat spesialiseer in ‘n stimulerende en sorgsame leeromgewing vir jong leerders. Aangesien hierdie program nie op ons skoolterrein plaasvind nie, word alle navrae en inligting direk deur hulle hanteer.
Besoek https://woel.co.za/ of skakel 072 049 9530 vir meer inligting.
Skoolgereedheid
Toetsing vir skoolgereedheid kan deur ‘n Arbeidsterapeut of Opvoedkundige Sielkundige gedoen word indien daar onsekerheid by die onderwyser of ouer is. Let wel: indien ‘n leerder hul Graad R-jaar moet herhaal, is ‘n assessering deur ‘n Opvoedkundige Sielkundige verpligtend.
Skoolgereedheid hou verband met die kind se ontwikkeling op vier vlakke:
- Sosiaal en emosioneel
- Perseptuele ontwikkeling
- Fisiese mylpale
- Intellektuele ontwikkeling
Akademie
Die volgende vakke word in Graad R onderrig:
- Afrikaans
- Wiskunde
- Lewensvaardigheid
Riglyne vir Graad R
Hierdie riglyne dui aan watter vaardighede ‘n Graad R-leerder teen die einde van die jaar behoort te bemeester.
Lewensvaardigheid
- Selfstandige optrede
- Goeie sosiale vaardighede en maniere
- Goeie persoonlike versorging
Taal
- Herken letters van die alfabet
- Ouditiewe herkenning van begin- en eindklanke
- Kan verskille ouditief herken
- Beantwoord vrae oor stories en kan stories oorvertel
- Praat in volledige sinne met ‘n voldoende woordeskat
- Ontwikkel ‘n liefde vir lees deur die aanhoor van stories
Wiskunde
- Ken mamma en pappa se selfoonnommer
- Ken eie adres en verjaarsdagdatum
- Herken syfers 1-10
- Kan + en – somme doen tot 10 met tellers
- Begrip van ruimtelike konsepte (bo/onder, agter/voor, in die middel)
- Ken al die kleure en vorms
- Kan ‘n 35-stuk legkaart bou
- Begrip van tyd (gister, vandag, môre)
- Begrip van lengte, massa en volume
- Onderskei tussen voor- en agtergrond
- Kan ooreenkomste en verskille identifiseer
- Sortering en versameling van voorwerpe
Fynmotoriese ontwikkeling
- Korrekte potloodgreep
- Skryf eie naam
- Korrekte hantering van ‘n skêr
- Inkleur binne lyne
- Skeur en plak
- Manipulering van klei
Grootmotoriese ontwikkeling
- Huppel, galop, spring op een been en balanseer
- Beweeg oor en onder hindernisse
- Touspring
- Gooi, vang, skop en slaan balle van verskillende groottes
- Middellynkruising
Hierdie mylpale dien as ‘n riglyn vir die algehele ontwikkeling van ‘n Graad R-leerder en help om ‘n stewige grondslag vir verdere leer te lê.