...
 
 
   

SPORT - WAT ONS BIED

BUITEMUURSE AKTIWITEITE

Buitemuurse aktiwiteite word gesien as ‘n verlengstuk van die onderrigtaak omdat dit ook deel vorm van die opvoeding van ons leerders in totaliteit. Ons poog om soveel as moontlik leerders te betrek by ons buitemuurse program. Leerders moet stiptelik na buitemuurse aktiwiteite by die skool gehaal word.

Vrywaringsvorm vir toestemming tot deelname en ander relevante inligting moet met die aanvang van die skooljaar voltooi word sodat leerders aan aktiwiteite kan deelneem of vervoer mag word.


ATLETIEK

Massa deelname vind al vir jare plaas. Baillies lewer verskeie Suid-Afrikaanse kampioene. Leerders word afgerig met die oog op hulle toekoms.

Aan die begin van elke jaar trek ons weg met ons huissport waar alle leerders uitgedun word en teen mekaar meeding. Almal neem deel op die beginsel van "krag teen krag". Na die huissport begin ons met vriendskaplike byeenkomste waarna 'n finale span saamgestel word vir die daaropvolgende uitdunbyeenkomste in die dorp.

Vinke (Rooi span)
Vanne - R tot Z
Swaeltjies (Blou span)
Vanne - I-Q + F
   
Bokmakieries (Geel span)
Vanne - A-E en G + H
 

SEUNS EN DOGTERS HOKKIE

By Baillie Park speel die seuns en dogters hokkie. Juffrou Marili Grobler is die hokkie organiseerder. Baillies het sy eie Astro baan op die skoolterrein. Die leerders presteer pragtig in hokkie. Hier by Baillies klop ons harte warm vir hokkie. Hokkie is 'n wintersport en word gespeel deur beide ons seuns en dogters.

 
     
 
     
 


KRIEKET

Ons seuns presteer pragtig en toegewyde afrigters doen baie moeite met die seuns se tegniek en dissipline. Baillies het ‘n trotse krieket tradisie. Baillies is ook een van die sterkste Laerskole in Noordwes. Baillies lewer op een naweek 4 provinsiale spelers by grootste senior provinsies, wat ‘n hoogtepunt.

NETBAL

Baillies is een van Noordwes se trotse skole. Baillies is nie minder as vyf keer SA 0/13 kampioene. Ons skool se netbal is landwyd bekend met puik afrigters en goed afgerigte spelers. Ons begin reeds aan die einde van elke netbalseisoen met netbal vir die junior leerders vanaf graad een tot drie om hulle balvaardig te kry vir die volgende jaar.

   

RUGBY

Die seuns oefen reeds vanaf Maartmaand om seker te maak hulle kan kompeterend wees in die liga. Ons probeer alle seuns geleentheid gee om te speel daarom dat ons ook ‘n derdespan vriendskaplik laat deelneem teen ander skole. Ongeewenaarde prestasies in Noordwes word behaal deur die jare. Baillies is ‘n krag op die rugbyveld.

   

LANDLOOP

Landloop word by die skool afgerig deur juffrou Carolina en meneer André Olivier. Onder hulle leiding word leerders geleer om hard te oefen en deur te druk. Daar word ook gefokus op fiksheid wat tot voordeel is vir ander sportsoorte. Dit is ‘n sportsoort waaraan enige leerder kan deelneem. Landloop bevorder leerders se fiksheid en uithouvermoë. Elke jaar dring klomp van ons leerders deur om aan die SA kampioenskappe deel te gaan neem.


TENNIS

Geleentheid word geskep vir leerlinge om profesionele afrigting te ontvang van die hoogste gehalte. Die spanne oefen op die Baillie Park klub se bane wat aan die skool grens. Gesonde kompetisie tussen individue en ander skole word aangemoedig. In tennis streef ons daarna om dit te geniet met goeie sportmangees en die nodige respek vir elke deelnemer te toon. Baillies is baie trots op ons tennis leerders en hulle prestasies.

SKAAK

Die skool se skaakspelers oefen van kleintyd af na skool by oom Chris, ‘n bekende in die Potchefstroom skaakgeledere. Ons leerders neem ook aan die liga deel en vaar elke jaar puik. Ons skaak organiseerder is juffrou Ankia Jordaan wat altyd baie moeite met die kinders doen om dit vir hulle lekker te maak. Skaak is baie lekker en boonop maak dit jou baie slim. Skaak ontwikkel die brein, verbeter konsentrasie en kan gespeel word maak nie saak hoe oud jy is nie.

   
 
 
                 

 
  Geskiedenis
Personeel
Skooldrag en Gedragskode
Skoolreëls
Graad 1
Skoolfonds en Toelating
  Eksamenrooster
Leierstelsel
Wat ons Bied        
 

 

Die nuwe webtuiste word met trots ontwikkel en onderhou deur GSD Potch  - www.gsdpotch.com