...
 
NB!! Alle kledingstukke moet gemerk word vir uitkenning!

Skooldragbeleid - Laerskool Baillie Park

Ons is besonder trots op ons skooldrag. Dit is ons taak om die leerder in sy totaliteit op te voed en daarom is dit belangrik dat die leerder ‘n goeie selfbeeld moet hê. Omdat netheid ‘n bydrae lewer ten opsigte van ‘n goeie selfbeeld is dit vir ons van besondere belang dat ons leerders van kleins af bewus gemaak moet word van hul persoonlike voorkoms.

Gr 1 Somersdrag: Seuns en Dogters

Nuwe goed gekeurde rooi Baillie Park kortmou hemp met blou Baillie Park kortbroek. Dogters het ook ‘n keuse om die blou broekromp aan te trek. Oorwegend wit tekkies met wit sokkies mag hierby gedra word of kaalvoet.

Op koue dae mag die volgende saam gedra word:

- Baillie Park sweetpakbaadjie met of sonder die sweetpakbroek;
- Donkerblou(navy) Drimac/windbreker.

Gr 2 – 7 Somersdrag: Dogters

Nuwe goed gekeurde rooi Baillie Park kortmou hemp met blou Baillie Park kortbroek. Dogters het ook ‘n keuse om die blou broekromp aan te trek. Oorwegend wit tekkies met wit sokkies mag hierby gedra word of kaalvoet.

Op dae wat leerlinge buite LO beoefen mag die volgende gedra word:

Gr 2 – 7 Somersdrag: Seuns

Nuwe goed gekeurde rooi Baillie Park kortmou hemp met blou Baillie Park kortbroek. Oorwegend wit tekkies met wit sokkies mag hierby gedra word of kaalvoet.

Gr 1 – 7 Wintersdrag: Seuns en Dogters

- Skool sweetpakbroek met nuwe goed gekeurde rooi Baillie Park kortmou of langmou hemp;
- Baillie Park sweetpakbaadjie
- Donkerblou(navy) Drimac/windbreker;
- Oorwegend wit tekkies met kouse;
- Geen stewels, gekleurde windbrekers, gekleurde sweetpak broeke of gekleurde truie is toelaatbaar nie;

Die skool maak gebruik van die volgende verskaffers:

- A K Sport & Leisure 018-297 7860
- Dapper Muis Skoolklere 018-297 6543
- Glotron 018-297 6055
- Mandy's all wear 079 388 5961

Klerebank:

Die skool beskik oor ‘n goeie voorraad gebruikte skoolklere teen baie bekostigbare pryse. Skenkings van skoolklere word verwelkom.

Hare:
Ons leerders se hare moet te alle tye netjies en versog wees.  Slegs DONKERBLOU haarvasmaakmiddels word gedra:
Seuns se hare mag nie aan die kraag raak nie en beide seuns en dogters se hare mag nie in ‘n “wal” gesny word nie;
Geen pruike of haarstukke mag gedra word nie, tensy om mediese redes en die hoof daartoe toestemming gegee het;
Die gebruik van kleurmiddels, sonstrepe ingesluit en permanente golwings, is ontoelaatbaar.

Grimering:

Geen grimering word toegelaat nie.

Juwele:

Ten opsigte van juwele, word die dogters beperk tot ‘n seëlring, horlosie of net een stel oorkrabbertjies of ringetjie;
Die oorringetjies mag nie groter as 10mm in deursnee wees nie. Slegs fyn goue of silwer knoppies, 3 mm in deursnee mag gedra word.
Geen gekleurde knoppies mag gedra word nie;
Geen tong-, neus- of naeltjieringe word toegelaat nie. Oorringe moet in onderste gaatjie gedra word indien meer as een gaatjie in oor;
Geen kettings en oorringe mag gedurende of na skoolure deur seuns gedra word nie. Seuns mag slegs horlosies dra.

  Geskiedenis
Personeel
Skooldrag en Gedragskode
Skoolreëls
Graad 1
Skoolfonds en Toelating
  Eksamenrooster
Leierstelsel
Wat ons Bied        
 
Die nuwe webtuiste word met trots ontwikkel en onderhou deur GSD Potch  - www.gsdpotch.com