...
 
 
   

HISTORIESE OORSIG

1903: Tentskool op die plaas Vyfhoek van Mnr John Baillie, vandaar die naam.

Maart 1904: Eerste permanente skoolgebou in gebruik geneem. (Vyfhoekskool)

Oktober 1964: ‘n Begin word gemaak met die bou van die nuwe Laerskool Baillie Park.

1 September 1966: Kennis ontvang dat ons op 6 September 1966 ons intrek kan neem. Die hoof Mnr F Jooste was a.g.v ‘n ernstige siekbed nie teenwoordig by die afsluiting van die ou Vyfhoekskool en die opening van die nuwe Laerskool Baillie Park nie en dit word waargeneem deur die waarnemende hoof Mnr L.H. Labuschagne.

1967: Mnr FBC Kirsten word hoof van Laerskool Baillie Park (1967-1987)

1970: Mnr L.F. de Beer word by Baillie Park aangestel.

1977: Mnr L.F. de Beer word bevorder tot visehoof.

Mei 1982: Mnr L.F. de Beer word adjunkhoof by Baillie Park.

1 Oktober 1987: Mnr L.F. de Beer word hoof van Laerskool Baillie Park.

1 Januarie 2013: Mnr Piet Muller word hoof van Laerskool Baillie Park.

 

SKOOLLIED

Aan Mooirivier se groene soom
Waar eikeboom en wilger troon
Waar westewind die weste groet
Het ons verrys uit Trekkers bloed.

Uit dwinglande is ons gebore
Vir ons is nooit die stryd verlore
Aan ons verlede bly ons steeds getrou
Ons leef te handhaaf en te bou.

O Leidsman, skenk ons tog die krag
Laat ons as jeug net die vermag
Maak so die roepstem van ons jeug
In arbeid lê die grootste vreug.


SKOOLWAPEN

VYFHOEKIGE ONTWERP

Dit is ontleen aan die vyfhoekwapen van die oorspronklike Vyfhoekskool.

DIE MONUMENT
Verwys na ons verbondenheid met die verlede en die tentskool waaruit Vyfhoekskool en later Baillie Park gegroei het.
(Konsentrasiekampmonument)
 
LEUSE

ARBEI MET VREUGDE is die lewensfilosofie van elke Baillie Parker.

 

   
 
 
                 

 
  Geskiedenis
Personeel
Skooldrag en Gedragskode
Skoolreëls
Graad 1
Skoolfonds en Toelating
  Eksamenrooster
Leierstelsel
Wat ons Bied        
 

 

Die nuwe webtuiste word met trots ontwikkel en onderhou deur GSD Potch  - www.gsdpotch.com